Opleiding

“Train hard, fight easy”
General Aleksandr Vasil’evich Suvorov (1730-1800)

General Suvorov has gone so far as to say that each trained soldier equaled somewhere between three and ten untrained counterparts. The facts are very clear, farms and farmers are soft and easy targets for attackers, and no matter what the intent, these attacks will continue to be brutal and swift.

Fortis Pro Active Defence Solutions bied aan boere die volgende opleidings kursusse:

1. Landelike Veiligheid Opleiding (LVO) – naweek kursusse

Naweek kursusse vir lede wat aan patrollies deelneem – R730* per persoon. Sien volledige koste detail van elke kursus verder ondertoe

2.    Landelike Veiligheids Opleiding – Dagkursusse

Dit is nie altyd moontlik vir boere om vir ’n naweek nie by die boerdery te wees nie. Ons het dus die LVO kursus ook in dag modules beskikbaar om makliker hierby in te pas – R600* per persoon.

3.    Tuis Verdediging Opleiding

4-6 uur kursus vir almal wat ‘n belang het in persoonlike beveiliging tuis – bevat heelwat meer praktiese dele as die gewone TDR vlak 1 kursus – R500* per persoon

4.    TDR Vlak 1

+-4 uur intree kursusse vir diegene wat belang het in persoonlike beveiliging tuis, die intree vlak kursus bevat minder praktiese dele as Tuis Verdediging Opleiding – R500 per persoon. Indien hierdie kursus vir dames saam met enige van die kursusse by 1 of 2 hierbo geboek word, om op dieselfde tydstip te val, beloop die koste slegs R300 per persoon

NOTA – Al die kursusse is in sillabusse opgebreek, wat noodwendig beteken dat dit uit meer as net een kursus bestaan. Die ideaal is dus nooit om slegs een kursus by te woon en dan te dink geen verdere opleiding is nodig nie. Elke kursus bou voort op die vorige kursus, synde dit onmoontlik is om mense in slegs die bestek van een kursus op so ’n vlak te kry dat hulle dit wat geleer word te alle tye korrek, takties en binne die raamwerke van die wet kan aanwend. Dis beide tydsgewys en informasie gewys net nie moontlik nie.

Geen alkohol word tydens kursusse toegelaat nie.

*Kontak ons asseblief vooraf sodat ons die groep se spesifieke behoeftes kan bepaal, asook toepaslike riglyne deurgee van die terrein benodig vir opleiding. Ons benodig sekere inligting om ‘n korrekte evaluasie en kwotasie te kan doen. Pryse sluit brandstof en tolgelde uit.

Benodig meer inligting?
Kontak ons nou

Ons kursusse is NIE

  • militêr georienteerd nie (maw ons doen nie goed soos dril, salueer, of enige militêre opleiding nie)
  • ‘n basies self verdedigings kursus nie
  • ‘n kursus waarop u geleer gaan word om beter te skiet nie
  • om u geisoleerde tegnieke te leer wat u ‘n vals gevoel van veiligheid gaan bied nie

Ons kursusse IS

  • takties georienteerd en verseker dus
  • dat u en u familie of bure as ‘n effektiewe taktiese verdedigings groep, pro-aktief kan optree
  • daarop gemik om u te leer om wapens takties korrek en BINNE DIE RAAMWERK VAN DIE WET te gebruik en hanteer
  • daarop gemik om u te leer om situasies te kan raaksien en vermy – voorkoming bly beter as genesing
  • daarop gemik om u beter voor te berei vir trauma
  • verseker die beste kursus waarop u praktiese, taktiese ondervinding en tegnieke sal aanleer
  • gebou om die boer, sy hele gesin, sy hele area en werkers in te skakel en te leer om pro-aktief, binne die wet op te tree teenoor misdaad

Ons span bestaan uit verskeie kenners uit verskeie velde – ons sê nie ons weet alles nie, maar ons sal die regte persone gebruik om seker te maak ons kan u alles leer wat nodig is.

 

Kan u een dag langer wag? Hoeveel is u gesin se veiligheid werd?
KONTAK ONS VANDAG !!!

[contact-form-7 404 "Not Found"]

Recent Comments

    Archives

    Categories

    • No categories